Sodawater

'n Glas vonkelwater

Sodawater (wat ook bekend staan as klubsoda, bruiswater, vonkelwater of seltzerwater) is water waarin koolstofdioksied (ook genoem koolsuurgas) onder druk opgelos is. Sommige van hulle het bymiddels, soos natriumchloried (tafelsout), koeksoda of iets soortgelyks, maar seltzerwater bestaan basies altyd uit water met koolstofdioksied met geen bymiddels. Hierdie proses, wat bekend staan as karbonering, is 'n proses wat veroorsaak dat die water bruisend word. Die meeste sodawater word verkoop in gereed-om-te-drink-bottels as mineraalwater en gekarboneerde drankies soos koeldranke. Dit is egter maklik om dit tuis te maak met 'n sodamaker.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search